Monday, October 18, 2010

White female's throat cut by blacks, in Linbropark, Johannesburg

Moordenaars wat vermoedelik deur 'n dak toegang tot 'n huis verkry het, het 'n 66-jarige vrou van Johannesburg vermoor deur haar in te wag en haar keel oop te sny.

Me. Mandy Pestana (66) se lyk is Sondagaand omstreeks 18:00 deur haar buurmense by haar huis in Linbropark, noord van Johannesburg, gevind nadat haar keel oopgesny is.

Volgens Ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, is dit onbekend hoeveel aanvallers daar was.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-sterf-waar-aanvallers-haar-keel-oopsny-20101018

Mnr. Nico Nel, stigter en voormallige voorsitter van die Linbropark-gemeenskapspolisieringsforum, was op die toneel en het gesê dit is 'n groot skok vir die gemeenskap.

“Hulle het deur die dak geklim om in die huis te kom. Hulle het die dakteëls verwyder en toe hulle binne is, die alarm ontkoppel. Hulle het seker geweet hulle gaan nie uit die huis kan vlug met enigiets nie omdat dit so beveilig is en het toe vir haar gewag. Toe sy by die huis kom moes sy iets vermoed het en het probeer weghardloop,” het Nel gesê.

Volgens hom het een van die aanvallers Pestana ingehardloop en van agter om die nek gegryp en 'n mes teen haar keel gedruk. Sy het haar teengesit waarna hy haar keel oopgesny het. Sy is op die toneel dood.

Volgens Nel was daar die afgelope twee jaar geen voorvalle van ernstige misdaad in Linbropark nie.

Maphakela het gesê moordsaak is geopen. Hy kon nie sê of enigiets uit die huis vermis word nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-sterf-waar-aanvallers-haar-keel-oopsny-20101018

1 comment: