Wednesday, October 20, 2010

Matrikulant in gesig geskiet tydens kaping

Johannesburg – ‘n 18-jarige matrikulant is Woensdagaand dood en sy broer (22) gewond toe ‘n groep gewapende mans ‘n motor gekaap het.

“Die 22-jarige slagoffer het omstreeks 21:00 voor ‘n huis in Pinetown met sy vriend staan en gesels toe die verdagtes hom genader het en daarop aangedring het dat hy die sleutels van sy vriend se motor aan hul oorhandig,” het Derick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.

Die 22-jarige het glo oor die heining van die erf gespring om hulp te ontbied toe die verdagtes hom in die been gewond het.

Sy 18-jarige broer het uit die huis gehardloop waarna die rowers hom in die gesig geskiet het. Die jong seun op die toneel aan sy beserings beswyk.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die 18-jarige slagoffer was een van ‘n tweeling en besig met sy finale eksamen.

Die verdagtes het in ‘n blou Toyota Yaris van die toneel gevlug.

“Volgens die polisie was dit die vierde kaping of kapingspoging in dié spesifieke area vanaand.”

1 comment: