Tuesday, October 12, 2010

Vrystaat: 100+ plase vou

Liezl Vercueil
Bloemfontein - Altesaam 164 plase in die Vrystaat wat as deel van grondhervorming deur die regering gekoop is, lê nou onproduktief, sê Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Hy het op ‘n parlementêre vraag gereageer van Darryl Worth, die Demokratiese Alliansie (DA)-lid van die nasionale raad van provinsies, rakende hervorming en die toestand van plase wat deur die Regering aangeskaf is vir dié doel.

Wat was die vraag?

Worth se vraag was tweedelig. Eerstens wou hy weet of enige van die plase wat die regering sedert 1994 as deel van die grondhervormingsprogram in die Vrystaat nou verlate en/of onproduktief is.

Indien daar wel sulke plase is, wou Worth weet hoeveel plase ter sprake is, waar die plase geleë is en wat aan die saak gedoen word.

No comments:

Post a Comment