Monday, October 11, 2010

Aanvallers brand los op hoewe-eienaar

'n 58-jarige man is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat aanvallers hom deur 'n venster in sy huis op 'n kleinhoewe in Pretoria-Noord geskiet het.

Die man het 'n geluid gehoor en opgestaan om ondersoek in te stel. Boosdoeners wat buite by 'n venster gestaan het, het op hom losgebrand. Die man het dieper in sy huis ingevlug terwyl die aanvallers steeds op hom geskiet het.

Die polisie het baie vinnig op die toneel opgedaag en die aanvallers het op die vlug geslaan.

Die man se vrou en kind wat ook in die huis was is nie beseer nie.

Die polisie ondersoek die saak. - ER24

No comments:

Post a Comment