Wednesday, October 27, 2010

Vier VS-vroue verkrag

Tom de Wet



WELKOM. – Vier vroue, onder wie ’n 16-jarige meisie, is sedert die naweek in die Goudveld verkrag en een van hulle is ná die gewelddadige verkragting vermoor.

’n Ander is verkrag nadat haar baba deur haar aanvaller uit haar arms geneem en langs haar op die bank neergesit is.

Goeie speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat al die verkragters én die vermeende moordenaar, die vrou se gewese vriend, in hegtenis geneem is.

Sers. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die half naakte lyk van me. Maditaba Kgomoyaseru (31) is Maandag omstreeks 06:50 in die woonbuurt Thabong gekry.

Sy is met ’n mes in die nek, onder die oor en in die gewrig gesteek. Daar was ’n waslap in haar mond gedruk en ’n blou denimbroek was oor haar gesig gegooi.

Die 31-jarige verdagte, haar gewese vriend, is skaars twee uur later deur ao. Xolisile Blom en sy kollegas in hegtenis geneem.)Sondag is ’n jong vrou, wat by haar vriend se huis in die woonbuurt Thabong was, deur ’n man verkrag wat na die vriend kom soek het.

Sy het hom toegelaat om in die huis by haar vir die vriend te wag, waarna hy die deur van binne gesluit, haar baba uit haar arm gevat en op die bank neergesit, en haar toe verkrag het.

Die 22-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Saterdag is ’n 20-jarige vrou in die woonbuurt Meloding by Virginia deur ’n man, saam met wie sy in ’n taverne gesit en kuier het, verkrag.
Sy is na haar huis om leë bierbottels te gaan haal en het hom gevra om saam te stap omdat sy hom vertrou het. By die huis het die man haar met ’n skerp voorwerp gedreig en haar verkrag. Terwyl hy daarna gelê en slaap het, het die vrou gevlug en die polisie ontbied. Die 21-jarige verdagte is in die huis in hegtenis geneem.)Vrydag omstreeks 15:00 is ’n 16-jarige meisie op pad huis toe van haar skool af deur ’n 17-jarige seun oorval en gedreig.

Omdat hy haar voorheen ook lastig geval het, het sy gedink dat sy hom sou afskud as sy sê dat sy haar skoolklere wil gaan uittrek.

Die seun het haar agtervolg en in haar ouma se huis oorval en verkrag. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.


- Volksblad

1 comment: