Monday, October 11, 2010

Twee plaasaanvalle

Geskryf deur praag
Maandag, 11 Oktober 2010 08:21
Twee plaasaanvalle het Afrikaners die afgelope week weer geruk. In die Hertzogville-distrik is Manie van Zyl (74) van die plaas Nooitgedacht, sowat 5km van Hertzogville, Sondag met 'n stuk yster aangerand.
Van Zyl se dogter het met haar vinnige optrede verhoed dat die swart boosdoener toegang tot die woning verkry.

Die man het in die rigting van die nabygeleë Malebogo-lokasie gevlug.

Die boere in die plaaslike polisie in kennis gestel en die verdagte se spoor gevolg.

Volgens kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, is die 31-jarige verdagte binne enkele ure in die township in hegtenis geneem.

Hy word tans in die Boshof-polisieselle aangehou en sal môre in die hof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot huisbraak.

In 'n soortgelyke voorval is 'n agt-en-vytigjarige man is ernstig beseer nadat hy op sy kleinhoewe in Pretoria-noord aangeval is, het ER24 Maandag gesê.

Hy is deur die venster van sy woning geskiet en in die skouer getref. Hy het daarna dieper in die huis skuiling gesoek toe die aanvallers aanhou skiet het.

Sy vrou en kind is nie in die skietery gewond nie

Die man het opgestaan om ondersoek in te stel by sy huis nadat hy wakker geword het van 'n lawaai.

Hy word tans in die hospitaal behandel.

No comments:

Post a Comment