Monday, October 11, 2010

Vrou in koma ná kopskoot: Sy sterf

Hilda Fourie
Mev. Suna Steenberg, wat bykans ses maande lank in ’n koma was nadat sy tydens ’n huisrooftog op ’n kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, in die kop geskiet is, is dood.

Steenberg (43) het eergisteraand haar laaste asem uitgeblaas nadat sy Vrydag met longinfeksie in die hospitaal opgeneem is. Sy het ook vog op die brein gehad.

“Sy het meer as vyf maande lank ge’fight’. Ek dink net nie sy kon dit meer hanteer nie,” het mnr. Jurie Steenberg (47) gister oor sy vrou gesê.

Mev. Steenberg, eienaar van Montana Pale, is op 16 April in die egpaar se huis in Kameelfontein twee keer in die kop geskiet deur ’n rower.

Sy was sedertdien in ’n koma en het twee maande gelede huis toe gegaan waar haar man en ’n span verpleegsters en susters na haar omgesien het.

Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

No comments:

Post a Comment