Tuesday, October 12, 2010

Bedrog en pligsversuim striem grondsake

Liesl Peyper

Kaapstad - Grondhervorming in Suid-Afrika misluk omdat die departement wat daarmee gemoeid is nie ’n behoorlike oudit kan doen van al die grond in staatsbesit nie.

Só het Annette Steyn, DA-woordvoerder oor grondsake, ­gister in reaksie op die jongste jaarverslag van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (voormalig grondsake) gesê.

Die departement het weer ’n ­gekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal ontvang.

Die vernaamste redes vir die departement se gekwalifiseerde ouditmening kan gewyt word aan:

- ’n Verlies van R53 miljoen te wyte aan interne bedrog.

- Uitstaande eise teen die departement wat R566 miljoen beloop.

- R420miljoen se uitstaande eise aan grondeisers, en

- Die departement se versuim om sy oudit van grond in staatsbesit te voltooi.

Die ouditeur-generaal het ook gesê die departement het nie ’n ­databank van al die huidige en voormalige begunstigdes van regeringsprogramme en -projekte nie.

“Daar is dus nie voldoende beheer om te verhoed dat fiktiewe begunstigdes finansiering ontvang nie.”

Steyn het op haar beurt te velde getrek omdat die departement altesaam R3 miljard agterstallig is wat finansiering aan nuwe grondeienaars betref.


- Die Burger

No comments:

Post a Comment