Sunday, October 31, 2010

Hoërskool Parys in rasseoorlog

Geskryf deur Praag
Vrydag, 29 Oktober 2010 12:44
Die webblad van die Afrikanervolksparty berig dat die Hoërskool Parys in die Vrystaat in 'n "rasseoorlog" gewikkel is. Tydens die skoolpouse gisteroggend het 50 leerlinge handgemeen geraak in 'n rassevoorval. Hier volg die volledige berig:

Hoërskool Parys het gister en vandag net die puntjie van die ysberg gesien toe rassekonflik tussen leerlinge tot uitbarsting gekom het. 'n AVP-verteenwoordiger het vandag in 'n onderhoud met van die leerlinge en ouers van die skool bevestig dat hierdie skool 'n vulkaan is wat reeds so bietjie-vir-bietjie rooiwarm lawa bo uitspuug en dat dit net die begin is.

Nagenoeg 50 leerlinge van die skool het mekaar vanoggend tydens die skoolpouse bygedam nadat rassespanning vanaf gister hoogty vier op die skoolgronde. Hierdie uitbarsting het volgens een Blanke leerling met wie ons gesels het 'n baie lang aanloop en bevestig weer dat daar nie so iets soos vredevolle rasse-integrasie bestaan nie.

Angsbevange onderwysers en 'n paar leerlinge kon net hulpeloos toekyk toe die rassespanning tot uitbarsting kom en Swart en Blanke leerlinge mekaar vandag met mening gepak het. Van die Swartes het met skêrre op die terugvegtende Blankes toegesak. Sommige leerlinge het die voorval as 'n oorlog tussen Swart en Blank beskryf, wat dit inderdaad ook was en nie heeltemal ten einde sal kom na nuwe dreigemente vir more nie.

Een leerling het aan ons verteenwoordiger gesê dat die hitte van die stryd reeds gister begin het toe vyf Swart leerlinge een Wit seun op die skoolterrein bespring en probeer aanrand het.

Net daarna het 'n soortgelyke geval buite die terrein plaasgevind toe Swartes (nogal almal van die vroulike geslag) 'n dreigende kring rondom 'n ander Blanke gr 8 seun gevorm het, dít nadat hulle eers genoeg skêrre onder mekaar uitgeruil het.

Die arrogansie van die Swart leerlinge gaan glo alle verstand te bowe, dit het die onderwysers ook beleef. Een onderwyseres het dit gewaag om 'n Swart leerling wat in die klas aanmekaar met sy selfoon besig was, te gebied om dit aan haar te oorhandig waarop hy botweg geweier en selfs 'n dreigende houding ingeneem het. Sy moes maar die aftog blaas.

Vanoggend se oorlog tydens pouse het begin toe vyf Swartes 'n derde Blanke seun en weer onbetrokke by die vorige voorvalle, dreigend omkring het waarop sy maats hom te hulp gesnel het. Soos dit met die Swart nasie gaan was daar in 'n ommesientjie honderde Swartes rondom hierdie geveg wat lustig ingeklim het waarop die meerderheid Blanke seuns in die skool toe besluit het om ook te gaan help. Volgens een graad 10 leerling is daar ongeveer 500 leerlinge in die skool waarvan Swart 'n baie groot deel uitmaak, en het dit gelyk asof amper die hele skool in die geveg betrokke was.

Hoe die spul uitmekaargemaak is, is nie heeltemal duidelik nie maar die dreigemente van die Swartes dat hulle ná skool vir die Wit kinders buite die skoolterrein sou wag het gemaak dat onderwysers en ook die hoof self by die skooluitgang tydens huistoegaantyd waggestaan het om te probeer voorkom dat geweld nie weer uitbars nie.

'n Swart seun wat vroeër vandag ook van die Blanke meisies aangerand het sal glo more verhoor word. Volgens die meisies behoort hy onmiddellik geskors te word maar of geregtigheid sal seëvier is 'n ander saak.

Een van die meisies het aan die AVP-verteenwoordiger gesê dat hulle ernstig bekommerd is oor more en al die dae hierna omdat hierdie spanning oor 'n baie lang tyd opgebou het en nie sommer sal gaan lê nie.

No comments:

Post a Comment