Sunday, November 28, 2010

PRAAG-aksie teen volksmoord by Johannesburgse hooggeregshof

Geskryf deur Praag
Vrydag, 26 November 2010 18:45
PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) nooi die media uit na die hofsitting Maandag 29 November 2010 waar die ANC verlof tot appèl vra om die liedjie "Skiet die Boer" aan te hou sing. 'n Aantal PRAAG-lede sal T-hemde dra met boodskappe aan internasionale leiers rondom Afrikanervolksmoord en die aanhitsing daartoe deur die ANC en sy ondersteuners. 'n Groep van PRAAG sal om 9:00 voor die Johannesburgse Hooggeregshof vergader en agterna die hofsitting bywoon waar die ANC gaan poog om die aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners gewettig te kry.

"Ons gaan nou oor tot stryd," het dr. Dan Roodt, leier van PRAAG gesê. "Nie net beveg ons volksmoord en aanhitsing tot volksmoord, wat albei internasionale oortredings is nie, maar PRAAG wil die ANC-bewind dwing om regstellende aksie af te skaf. Tesame met aanhitsing tot volksmoord, word regstellende aksie in Suid--Afrika so ekstreem deur die staat, asook privaatmaatskappye toegepas dat dit insgelyks ver buite internasionale norme verkeer. Dit word gedoen om blankes uit die land te verdryf en om geen ander rede nie."

PRAAG beveel burgerlike ongehoorsaamheid aan, asook die verwerping van simbole soos die Suid-Afrikaanse vlag en grondwet wat geen beskerming meer aan nminderheigsgroepe bied nie, Eksemplare van die grondwet sal Maandag voor die hof simbolies beskadig word.

Volgens dr. Dan Roodt, "het die Suid-Afrikaanse staat, soos ander in Afrika, 'n volksmoordstaat geword. Die uiteindelike doelwit van die ANC-regering is die vernietiging en etniese suiwering van die Afrikanervolk vanuit Suid-Afrika. Ons moet dit met elke vesel in ons liggame teenstaan. Ons moet ook aan die internasionale gemeenskap die ware aard van die Suid-Afrikaanse situasie kommunikeer sodat die Verenigde Nasies en ander instansies kan ingryp."PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) nooi die media uit na die hofsitting Maandag 29 November 2010 waar die ANC verlof tot appèl vra om die liedjie "Skiet die Boer" aan te hou sing. 'n Aantal PRAAG-lede sal T-hemde dra met boodskappe aan internasionale leiers rondom Afrikanervolksmoord en die aanhitsing daartoe deur die ANC en sy ondersteuners. 'n Groep van PRAAG sal om 9:00 voor die hof vergader en agterna die hofsitting bywoon waar die ANC gaan poog om die aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners gewettig te kry.

"Ons gaan nou oor tot stryd," het dr. Dan Roodt, leier van PRAAG gesê. "Nie net beveg ons volksmoord en aanhitsing tot volksmoord, wat albei internasionale oortredings is nie, maar PRAAG wil die ANC-bewind dwing om regstellende aksie af te skaf. Tesame met aanhitsing tot volksmoord, word regstellende aksie in Suid--Afrika so ekstreem deur die staat, asook privaatmaatskappye toegepas dat dit insgelyks ver buite internasionale norme verkeer. Dit word gedoen om blankes uit die land te verdryf en om geen ander rede nie."

PRAAG beveel burgerlike ongehoorsaamheid aan, asook die verwerping van simbole soos die Suid-Afrikaanse vlag en grondwet wat geen beskerming meer aan minderheigsgroepe bied nie, Eksemplare van die grondwet sal Maandag voor die hof simbolies beskadig word.

Volgens dr. Dan Roodt, "het die Suid-Afrikaanse staat, soos ander in Afrika, 'n volksmoordstaat geword. Die uiteindelike doelwit van die ANC-regering is die vernietiging en etniese suiwering van die Afrikanervolk vanuit Suid-Afrika. Ons moet dit met elke vesel in ons liggame teenstaan. Ons moet ook aan die internasionale gemeenskap die ware aard van die Suid-Afrikaanse situasie kommunikeer sodat die Verenigde Nasies en ander instansies kan ingryp."

No comments:

Post a Comment