Wednesday, November 10, 2010

Dominee vermoor, verbrand

Johannesburg – ‘n 75-Jarige dominee is vermoor en sy lyk is verbrand terwyl hy oppad kerk toe was in Kwaggafontein, Mpumalanga, het die polisie gesê.

“Verbygangers het die lyk van die dominee Maandagaand in ‘n oop stuk veld gevind en die polisie daarvan in kennis gestel,” het a.o David Mahlangu, ‘n polisiewoordvoerder gesê.

“Die domine is glo op ‘n ander plek vermoor, voordat sy liggaam verbrand is,” het Mahlangu gesê.

“Ons weet nog nie wat die oorsaak van die dominee se dood is nie. Die motief vir die aanval is ook nie bekend nie, omdat sy selfoon in sy sak gevind is.”

Die dominee is net as ene Sithole geïdentifiseer en behoort aan die Assemblies of God kerk, ‘n klipgooi vanaf sy huis.

Volgens Mahlangu het die polisie ‘n houer met petrol langs Sithole se lyk gevind.

‘n Saak van moord word ondersoek.

Die dood van Sithole, wat ‘n albino was, het kommer oor die veiligheid van albino’s in die omgewing laat ontstaan.

Die gemeenskap wil nou vasstel of daar enige haatgevoelens teenoor albino’s gekoester word.

Sithole is glo nie die eerste albino wat die afgelope paar maande in die omgewing vermoor is nie.

No comments:

Post a Comment