Wednesday, November 10, 2010

Bejaarde vrou in haar huis vermoor

Johannesburg – ‘n 74-Jarige vrou is in haar huis in Vereeniging verwurg, het die Johannesburgse polisie Woensdag gesê.

Haar lyk is Woensdagoggend deur haar tuinier gevind, het konst. Magauta Serathi gesê.

“Die tuinier het aan haar voordeur geklop maar geen antwoord gekry nie. Hy het toe haar kamervenster stukkend geslaan en op haar lyk afgekom.”

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle gevind dat die vrou se juweliersware en selfoon gesteel is.

Daar word beweer dat die vrou met haar slaapbroek verwurg is.

No comments:

Post a Comment