Tuesday, November 2, 2010

Plettenbergbaai-man sterf onder rower se mes

Johannesburg – ‘n 57-jarige man is Dinsdag by ‘n huis in Plettenbergbaai dood gevind, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Sy vrou is ook in die woning aangetref met beserings.

Met die polisie se aankoms by die huis het hulle die vrou by die voordeur aangetref met ‘n steekwond aan haar regterarm.

“Sy is ook in die gesig geslaan,” het kapt. Bernadine Steyn in ‘n verklaring gesê.

Volgens Steyn is die vrou in ‘n stabiele toestand.

“Die man se liggaam is in die slaapkamer gevind met verskeie steekwonde.”

‘n Nadoodse ondersoek gaan gedoen word om te bepaal wat tot die man se dood gelei het, het Steyn gesê.

“Inligting wat op die toneel verkry is dui daarop dat twee verdagtes die huis binnegekom het deur die vensters van die gastekamer te verwyder.

“Die huis is beroof, maar dit is nog nie duidelik wat gesteel is nie.”

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

No comments:

Post a Comment