Wednesday, May 23, 2012

Vrou doodgeskiet deur ontsnapte gevangenes

Johannesburg – ‘n Vrou is Woensdag doodgeskiet nadat vier verhoorafwagtende gevangenes uit polisie-aanhouding ontsnap het terwyl hulle na Mthatha vervoer is, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Die vier mans is van die Ngquana-polisiekantoor na Mthatha geneem toe hulle die polisiebeampte wat oor hul moes wag hou in Butterworth oorweldig het, het kapt. Ernest Sigobe gesê.

“Hulle het drie polisie-vuurwapens gevat. ‘n Verbyganger (die vrou) is toe doodgeskiet,” het hy gesê.

Die vier mans, wat verhoorafwagtend is vir gewapende roof en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, het tussen 10:00 en 11:00 ontsnap.

Die mans het die polisievoertuig gesteel wat hulle vervoer het en het dit later in die Tanga-gebied verlaat. Hulle het toe ‘n verbygaande motor gekaap. Hulle word nog deur die polisie gesoek.

- Volg Nuus24 op Twitter

No comments:

Post a Comment