Wednesday, May 2, 2012

Antonio Guerra, 71, beaten to death while tied up, SMALLHOLDING, Springs Road, Brakpan

Description Antonio Guerra, 71, dragged into house, tied up, beaten to death, Monday Apr 23 2012, Springs Road, Brakpan 25 april 2012 Source: SAPS Brakpan tel 011 744-4940 skakel Die bebloede liggaam van 'n 71-jarige man is Maandagaand in sy huis in Springsweg gevind. Antonio Guerra, wat vir jare alleen in die huis gewoon het, is vermoedelik tussen Saterdag en Maandag oorval en vermoor. Sy seun, Tony, en nog 'n familielid, het Maandagaand, nadat hulle onraad begin vermoed het, na die huis gegaan en die gru-ontdekking gemaak. Guerra is in die voorportaal van sy huis aangetref. Die huis was weer gesluit; vermoedelik deur sy aanvallers. Volgens inligting wil dit voorkom asof Guerra op 'n stadium na buite gegaan het, aangesien sy flitslig en bril 'n paar meter van die huis gevind is. Hy is vermoedelik buite oorval, waarna hy terug in die huis gesleep is. Daar was verskeie wonde aan sy liggaam en sy skoenveters was ook aan mekaar vasgemaak. Verskeie items, soos 'n televisiestel, vrieskas en selfone word vermis.Die booswigte het ook 'n motorhuis oopgebreek. Volgens die polisie, was Guerra se huis goed beveilig en dui alles daarop dat hy na buite gelok is, of dat hy toevallig buite was toe hy oorrompel is. Fatima Guerra, sy skoondogter, het Dinsdag aan die Herald gesê dat haar skoonpa vir baie jare alleen op die plot gewoon het. "Dit is 'n groot skok vir ons almal," het sy gesê.'n Woordvoerder van die polisie het gesê dat die toneel Maandagaand gefykam is vir leidrade. Die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting kan die polisiestasie by 011 744-4940 skakel.

No comments:

Post a Comment