Sunday, May 27, 2012

Brandfort: Vrou se moordenaars steeds op vrye voet

Jana van der Merwe

BRANDFORT. – Die moordenaars van ’n geliefde inwoner hier, Annetjie Madden (62), is steeds op vrye voet.

Sers. Ian Gaotepe, polisiewoordvoerder, het gister gesê twee mans is oor die naweek by die polisiekantoor in verband met die moord vir ondervraging ingebring, maar is weer laat gaan. Hy sê niemand is nog positief met die moord verbind nie.

Madden is Vrydagmiddag in ’n rooftog by die winkel doodgesteek. Inwoners het intussen blomme buite die Paradise-melkery in Zylenstraat neergelê, waar hulle oudergewoonte by Madden kom melk koop het.

Die kinderlose weduwee was die afgelope agt jaar bekend as die vriendelike verkoopsdame hier en het ook langs die winkel gewoon.– Jana van der Merwe


- Volksblad

No comments:

Post a Comment