Wednesday, May 30, 2012

Moord op dagmoeder, baba: 2 vas

Buks Viljoen
Twee mans is in verband met die moord op ’n baba en sy dagmoeder van Delmas vasgetrek terwyl ’n derde, vermoedelik die ware moordenaar, die polisie net-net ontglip het.

Die twee is eergisteraand in Daveyton aan die Oos-Rand gearresteer.

Die polisie het ’n rooi sak met die woorde “Bokkie Toer 2003” daarop by hulle gekry waarin juwele van Margrietha de Goede (66), die dagmoeder, en ’n bebloede groen oorpakbaadjie was.

Sy en Wiehan Botes (vyf maande) is verlede Woensdag in De Goede se huis verwurg.

Die taakspan van die Middelburgse polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad het eergisteraand kort ná 20:00 op ’n huis toegeslaan nadat hulle ’n selfoonsein gevolg het.

Hulle het ’n selfoon wat by De Goede gesteel is, daar gekry. Die voortvlugtige se SIM-kaart was in die foon, maar hy het weggekom.

Twee ander verdagtes, 44 en 54 jaar oud, is kort daarna by ’n ander huis aangekeer. Hulle word onder meer van die besit van gesteelde eiendom aangekla.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê De Goede se tuinier, Themba Ephraim ­Mahlangu (29), kan hulle moontlik met die ondersoek help.

Skakel 082 462 0804 met inligting.

No comments:

Post a Comment