Wednesday, May 2, 2012

Mrs Henna Smith, murdered on farm Theerivier, Citrusdal: tied to chair, smothered

Description Mrs Henna Smith, murdered on farm Theerivier, Citrusdal: tied to a chair, rag wound around her head, smothered: No information on anything robbed. Son Izak found her body after investigating why the lights in her farm-shop were still left on at 1am Boere Krisis Aksie, Alet van Zyl, reports: https://www.facebook.com/pages/Boere-Krisis-Aksie-BKA/116298045063416 CITRUSDAL SAPS: (Phone: 022-9218400 Fax: 022-9212129) -------------------- (JP) Alet van Zyl Boere Krisis Aksie: Gisternag is Tannie Henna Smith op die plaas Theerivier, in die Bo-rivier by Citrusdal vermoor...haar seun het na bewering rondom 1:00 die nag opgestaan en gesien haar plaaswinkel se lig brand...na verdere ondersoek het Izak (die seun) haar vasgebind en op 'n stoel gekry, 'n kledingstuk was na wat verneem word om haar kop gedraai en sy't vermoedelik versmoor... https://www.facebook.com/pages/Boere-Krisis-Aksie-BKA/116298045063416 ============== Afrkaans news report APRIL 30 2012: (four days later) Twee vas ná moord buite Citrusdal 2012-04-29 journalist: Maygene de Wee Four suspects, but two men arrested and police claim 'the case is still sensitive'... KAAPSTAD. – Twee mans is in hegtenis geneem weens die moord Donderdagaand op ’n vrou (75) van die plaas Thee­rivier sowat 20km buite Citrusdal. Die stasiebevelvoerder van die Citrusdal-polisie, lt.kol. Cisce Coetzee, het gister gesê mev. Henna Smit se lyk is Vrydag omstreeks 01:00 deur haar seun, mnr. Isak Smit, in haar huis gevind. Haar hande en voete was vasgebind. Hy het gesê me. Smit is vermoedelik buite haar huis oorval. Volgens Coetzee het Smit sy ma omstreeks 21:00 die Donderdag laas gesien. Hy woon ook op die plaas in ’n ander huis sowat 30m van sy ma se huis af. Smit het glo omstreeks 01:00 wakker geword van die honde se geblaf. Hy het uitgegaan om te kyk of iets fout is en op haar vasgebinde lyk afgekom.Die polisie is dadelik ontbied. Verskeie leidrade wat in die huis gevind is, het die polisie Vrydagmiddag na die twee mans gelei. Coetzee het gesê die ondersoek is nog "baie sensitief". Daar word vermoed dat vier mense by die aanval betrokke was. Die twee mans (24 en 33) wat in hegtenis geneem is, is volgens Coetzee "bekend op die dorp". Hulle is nie inwoners van Citrusdal nie, maar "werk gereeld in die omgewing". Hulle verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord. Arme mevrou Smith is vermoedelik verwurg. http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-vas-na-moord-buite-Citrusdal-20120429

No comments:

Post a Comment