Wednesday, May 2, 2012

Doornfontein-moord: Geen inligting oor verdagtes

Johannesburg – Dit is steeds onbekend hoeveel mense by die moord op ‘n boervrou van Doornfontein betrek word, het die polisie gesê.

Die vrou, wat Beeld as Venessa Stafleu (34) geïdentifiseer het, is ten aanskoue van haar driejarige dogter en vyfjarige seun in ’n plaasaanval doodgeskiet.

Kapt. Appel Ernst, ‘n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die aanval het Maandagaand omstreeks 20:00 plaasgevind.

Die oorledene se man, Willem, was op pad terug plaas toe van die melkstal af toe die voorval plaasgevind het, het Landbou.com berig.

Ernst sê mnr. Stafleu het die twee kleuters in die plaaspad aangetref waar hulle na die grootpad gestap het. Die kinders was erg getraumatiseer en hy het besef iets was verkeerd by die huis.

Volgens die polisiewoordvoer is dit nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie, aangesien die kinders te erg getraumatiseer is om tans inligting te gee.

No comments:

Post a Comment