Monday, July 16, 2012

Verdagtes vas ná rooftog, verkragting op plaas

Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem ná ‘n rooftog en verkragting op ‘n plaas buite Ladismith in die Klein Karoo, het die Wes-Kaapse polisie gesê. Kapt. Bernadine Steyn sê die huis se inwoners het geslaap toe twee mans Vrydag deur ‘n slaapkamervenster toegang tot die woning gekry het. Die verdagtes het die 43-jarige man aangerand en vadoeke gebruik om hom en sy vrou vas te bind. Steyn sê een van die mans het die 46-jarige vrou verkrag. ‘n Musiekstelsel, kos en ‘n onbekende hoeveelheid geld is gesteel. Steyn sê ondersoeke het tot die inhegtenisnemings gelei. Die twee mans sal binnekort in die Ladismith-landdroshof verskyn.

No comments:

Post a Comment