Tuesday, July 10, 2012

Oue gee voor sy is dood toe 2 aanval

André Damons Bloemfontein. – ’n 93-jarige vrou het ’n aanval deur huisrowers waarskynlik oorleef omdat sy voorgegee het sy is dood. Twee rowers het Anna Jansen van Vuuren in haar huis in Fichardtpark oorval, vasgebind en met ’n kombers gewurg. Haar aanvallers het opgehou wurg toe sy maak of sy dood is. Daarna het die rowers die huis deurgesoek en juwele gesteel, sê kapt. Chaka Marope van die polisie. Nadat die rowers weg is, het Jansen van Vuuren haar losgewoel en haar bure ontbied. Sy het Sondagoggend van ’n geraas wakker geword en is oorval toe sy haar kamerdeur oopgemaak het om ondersoek in te stel. Sy is nie erg beseer nie, maar baie getraumatiseerd, het André Weideman, ’n susterskind van haar wat tot vroeër daardie oggend saam met sy gesin by haar gekuier het, gesê. 'n Taakspan van die Parkweg-polisie ondersoek die rooftog en aanval.

No comments:

Post a Comment