Wednesday, July 11, 2012

Man vas vir aanhouding van egpaar op plaas

ohannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n egpaar op ‘n plaas buite George beroof het, het die polisie in die Wes-Kaap gesê. Kapt. Bernadine Steyn sê die 23-jarige verdagte is Dinsdagaand naby die plaas Kraaibosch vasgetrek nadat die polisie gekontak is. Die man het na bewering die 69-jarige plaaseienaar en sy 65-jarige vrou met ‘n mes aangehou toe hulle die deur om 21:40 vir hom oopgemaak het. Die verdagte het die paartjie aangesê om na hul slaapkamer te gaan, waar hy die man vasgebind het. Steyn sê die verdagte het geld, twee selfone en ‘n modem gesteel. Daarna het hy die vrou aangesê om hom in ‘n motor by die eindpunt van die eiendom af te laai. Die man het homself losgewikkel en die polisie gekontak. Polisiebeamptes het die motor op die Sandkraal-pad afgetrek en die man in hegtenis geneem. Die egpaar is ongedeerd. Volgens die polisie sal die verdagte binnekort in die George-landdroshof verskyn. Volg Nuus24 op Twitter - SAPA

No comments:

Post a Comment