Thursday, July 19, 2012

Rowers slaan 73-jarige by ‘veilige’ huis dood

Wolfram Zwecker ’n 73-jarige vrou van Klopperpark, Edenvale, is gistermiddag dood nadat rowers haar met ’n stomp voorwerp by haar goed beveiligde huis oor die kop geslaan het. Volgens ao. André de Jager, polisiewoordvoerder van Germiston, het drie of vier rowers die vrou en haar huiswerker en tuinwerker gister tussen 10:00 en 14:00 by haar huis in Welkomstraat oorval. Die rowers het die vrou blykbaar oor die kop geslaan terwyl die huiswerker en tuinwerker in die huis vasgebind was. Die vrou se man het gistermiddag kort ná 14:00 by die huis aangekom en op sy vrou se lyk afgekom. Hul name is nog nie bekend gemaak nie. Die rowers het in die egpaar se Nissan Micra gevlug. ’n .38-rewolwer wat uit die kluis gesteel is en ’n TV word uit die huis vermis. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

No comments:

Post a Comment