Wednesday, April 18, 2012

Antique dealer David Nolte, 36 murdered 18 March 2012 Potchefstroom

Description
Antque dealer David Nolte, 36, was murdered in his apartment in Potchefstroom on Sunday March 18 2012. On April 17 2012 the murder-suspect was arraigned for the murder: allegedly a homeless man whom Nolte had been caring for until the man could find a job. The identity of the homeless man cannot be released until he has been asked to plead.

The murdered man's father, the influential local businessman David Nolte senior, got concerned about a telephone conversation with a man claiming to be his son - and alerted the SAPS, who together with the father went to the son's apartment and discovered the murder - two days later. The murder-suspect was arrested in Pretoria with Nolte's robbed vehicle and other stolen goods, said SAPS Capt
Pelonomi Makau.
-----
The rest of the article in Afrikaans:
----------
Nolte se broer, Rocco, het gister vertel die verdagte het glo ’n paar weke by David jr. gewoon nadat sy broer hom oor die man ontferm het.

Die vermoorde mnr. Nolte het glo vir die man gesê hy kan ’n tydjie by hom woon om aan die gang te kom en werk te kry.

Toe dit nie binne die ooreengekome tyd gebeur nie, het Nolte glo die dag van die moord aan sy huismaat gesê hy moet uittrek.
Nolte het ’n steekwond in die nek gehad.
Nolte se familie het gister vertel hy het ’n groot belangstelling in die antiekbedryf gehad. Die antiekwinkel in Potchefstroom wat Nolte bedryf het, is een van talle ondernemings wat sy familie in die stad het.
Volgens Nolte sr. het hy die Sondagaand, vermoedelik nadat sy seun al vermoor is, ’n oproep van hul veiligheidsmaatskappy gekry dat die alarm in die antiekwinkel afgegaan het.
“Die veiligheidsmense het David op sy selfoon gebel. ’n Man het opgetel en gesê hy is David Nolte en in die winkel. Ek het die veiligheidsmense gerus gestel dat David my seun is.”
Nolte sr. het daarna vir sy seun ’n SMS gestuur. Hy het nie gereageer nie, maar Nolte was nie bekommerd nie omdat hy sy selfoon dikwels ná werkure afgesit het.
Toe Nolte se ouers teen Dinsdagoggend steeds nie met hom kon kontak maak nie, is hulle na sy woonstel.
“Sy motor was weg,” het Nolte sr. gesê. “Die polisie en ’n slot­oopmaker het later gekom en die plek oopgemaak.”
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Antiekhandelaar-se-dood-1-in-hof-20120325

No comments:

Post a Comment