Monday, June 11, 2012

Spar-bestuurder in rooftog doodgeskiet

Johannesburg – Die bestuurder van Spar in Jukskeipark, Johannesburg, is die naweek tydens ‘n gewapende rooftog doodgeskiet.

Die polisie sê sowat sewe mans het Sondagaand net ná 19:00 die winkel binnegestap en die 50-jarige bestuurder en ‘n kassier aangehou.

Eyewitness News berig die bestuurder het in ‘n hospitaal gesterf nadat die rowers hom geskiet het.

Luidens die nuusbron het die rowers ‘n onbekende hoeveelheid geld gesteel.

Balan Muthan, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ook ‘n veiligheidswag geskiet voordat hulle in ‘n sekuriteitsvoertuig op die vlug geslaan het. Hy is in die aanval gewond.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

No comments:

Post a Comment