Monday, June 11, 2012

Bejaarde egpaar op plaas aangeval

Johannesburg – ‘n Bejaarde egpaar is op hul plaas naby Ladysmith in KwaZulu-Natal aangeval, het die polisie in die provinsie Maandag gesê.

Volgens kapt. Thulane Zwane het die 79-jarige boer en sy 76-jarige vrou die aanval deur vier mans in hul huis oorleef.

Albei word in ‘n plaaslike hospitaal behandel.

Volgens Zwane is drie vuurwapens gesteel.

Die landbou-unie TLU SA het gesê dit was die 53ste plaasaanval in die land sedert die begin van die jaar.

“Dit is hoogtyd dat sulke misdade as prioriteit beskou word,” het Henk van de Graaf, woordvoerder, gesê.

No comments:

Post a Comment