Thursday, June 21, 2012

Amerikaanse toeriste kom af op plaasmoord

Amerikaanse toeriste wat op 'n plaas in Limpopo jag, het vanoggend afgekom op 'n boer en sy vrou wat in hul plaashuis buite Baltimore geskiet is.

Die 77-jarige boer, Johan van Rensburg, is in sy slaapkamer doodgeskiet.

Sy vrou, Claudia, in haar 60s, is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens 'n polisieverklaring het die Amerikaners 04h vanoggend skote gehoor en gaan ondersoek instel. Hulle het gesien hoe vier verdagtes van die plaas af vlug.

Dit wil voorkom of hulle die diefwering van 'n badkamervenster afgesaag en toe die badkamerdeur oopgebreek het.

Spoorsnyers en die polisie-honde-eenheid is op soek na die verdagtes.

No comments:

Post a Comment