Thursday, June 21, 2012

Boer doodgeskiet: 5 vas

Marietie Louw-Carstens
Vyf mans is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem weens die moord op die bejaarde boer van Baltimore in Limpopo wat Woensdag in sy bed doodgeskiet is.

Lt. Komang Matsoma, hoof van die polisie se speurdiens in Tolwe, het gesê die vyf mans word ondervra.

Hulle was vermoedelik betrokke by die moord op Johan van Rensburg (77) van die plaas Cosmopolite, sowat 11 km vanaf Baltimore op die pad na die Groblersbrug-grenspos op die Botswana-grens.

Die mans is in die Steilloop-gebied buite Baltimore aangekeer.

Intussen veg Gloudien van Rensburg (65) steeds om haar lewe in die Mediclinic Limpopo in Polokwane.

Sy is drie keer geskiet waar sy langs haar man in hul bed geslaap het.

'n Familielid het gesê sy is aan 'n asemhalingstoestel gekoppel. Sy is in 'n bedenklike toestand.

No comments:

Post a Comment