Monday, December 6, 2010

Vier in hof wat plaasvrou doodslaan

2010-12-06 22:19
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

Marthie Erasmus

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Susan Cilliers
Koster. – Die vier mans wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was by die plaasaanval verlede week waartydens mev. Marthie Erasmus (63) met ’n 16 pond-hamer (sowat 7,2 kg) doodgeslaan is, het gister in die Koster-landdroshof verskyn.

Een van hulle is minderjarig en verskyn môre weer, maar die ander drie, tussen 18 en 24 jaar oud, verskyn weer volgende Maandag, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagtes se name word nie nou al bekend gemaak nie en Beeld is nie toegelaat om foto’s van hulle by die hof te neem nie omdat ’n uitkenningsparade moontlik gehou gaan word.

Die vier is verlede Vrydagaand in die Lethabong-township naby Rustenburg gearresteer.

Twee van hulle het glo tevore vir die vermoorde mev. Erasmus en haar man, Chris (63), op hul plaas Hartbeesfontein in die Koster-distrik gewerk.

Mnr. Erasmus is tydens die aanval verlede Donderdagmiddag in ’n stoel in die kombuis vasgebind en erg aangerand terwyl sy vrou na die kamer gesleep is. Haar hande en voete is vasgebind terwyl sy op haar maag gelê het, waarna sy met vermoedelik ’n 16 pond-hamer doodgeslaan is.

Die hamer, wat uit die Erasmus-familie se stoor kom, is op die misdaadtoneel gevind.

Die aanvallers het in die Erasmus-egpaar se bakkie gevlug met vyf gewere, een windbuks, klere, juwele, ’n mikrogolfoond, Kersgeskenke en die egpaar se selfone. Hulle het ook sowat R15 000 gesteel. Van dié items is met hul arrestasie by hulle gevind en die res by die woonplek van een van die verdagtes se pa.

Die bakkie is verlate naby Lethabong gevind nadat die voertuig gerol het.

No comments:

Post a Comment