Sunday, December 5, 2010

Plaasmoorde vereis doodstraf

Geskryf deur Praag
Vrydag, 03 Desember 2010 16:12
“Die wrede moord van die Potgieter-egpaar en hulle 3-jare dogtertjie op ‘n plaas in Lindley is ‘n verdere bewys dat die doodstraf heringestel moet word vir moordenaars. Dit is duidelik dat gewone tronkstraf nie moordenaars afskrik nie, daarom die arrogante boodskap van die moordenaars ‘Ons het hulle doodgemaak. Ons kom terug’. Net die doodstraf sal die vlaag van moorde in Suid-Afrika laat afneem,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Wat kommerwekkend is, is dat plaasmoorde toenemend gepleeg word deur moordenaars wat in groepe optree. In April vanjaar het plaasaanvallers in groepe van tien tot sestien lede opereer in Polokwane en Carolina. Dit skep ‘n Zimbabwe-situasie. Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het vanjaar by ‘n konferensie van AgriSA gesê die Polisie beskou plaasmoorde as net gewone misdaad. Die tyd het aangebreek dat die minister moet wakker skrik en plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad verklaar. Die minister en die regering skram weg van plaasmoorde, juis omdat daar ‘n sterk element van rassisme en politiek betrokke is,” het Groenewald gesê.

“Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” sê Groenewald

No comments:

Post a Comment