Thursday, December 2, 2010

Skok oor gru-plaasmoord uitgespreek

Jana van der Merwe en Sapa
Vrystaat Landbou het die moord op 'n boeregesin van Lindley Donderdag ten sterkste veroordeel.

Die kriminele wys hulle het geen respek vir "beskawing en menselewens" nie, het uitvoerende hoofbeampte, mnr. Henk Vermeulen gesê.

Dit volg op die gru-moord op ’n gesin van drie, onder wie ’n driejarige meisie, op die plaas Tweefontein in die Lindley-distrik in die Oos-Vrystaat.

Mnr. Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul dogtertjie, Willemien, se lyke is vanoggend deur ’n plaaswerker gevind.

Potgieter is in sy vroeë veertigerjare en sy vrou in haar dertigs.

Volksblad-verslaggewer Jana van der Merwe berig Potgieter is vermoedelik by die huis se agterdeur met ’n panga oor die kop geslaan.

Sy vrou en kind is na wat verneem word met ’n vuurwapen tereggestel.

Die lyke is reeds van die plaas verwyder.

Een verdagte is reeds in Petrus Steyn vasgetrek.

No comments:

Post a Comment