Thursday, December 2, 2010

Nog ‘n plaasmoord in Noordwes

Johannesburg – ‘n Boer is in sy bed in sy huis op sy plaas naby Potchefstroom doodgeskiet. Paramedici sê die man (46) is noodlottig gewond toe skote deur sy kamervenster gevuur is.

“Hy het menigte skietwond aan die linkerkant van sy rug opgedoen. Sy beserings was noodlottig,” het Vanessa Jackson, woordevoerder vir ER24, Sondag gesê.

Die man se pa, wat ook in die huis was tydens die voorval, is nie beseer nie.

Polisie in die Noordwes wou nie kommentaar lewer nie.

-Sapa

No comments:

Post a Comment