Thursday, December 9, 2010

Oproep om volkseenheid

Geskryf deur Piet Rudolph
Donderdag, 09 Desember 2010 07:19
Aan alle reggeaarde volksgenote, leiers van groeperings, organisasies en instansies:

Is dit waar? Eendrag maak mag. Dit sal ons moet bewys en nie later as nou nie!

Die aanslag en die moord op ons volk gaan nie einde kry nie. Ons moet dit stop. Hoe? Ons sal nie weet as ons nie bereid is om te beplan en te organiseer nie.

Ons gaan dit ook nie alleen regkry nie. Ons moet as Volk bymekaar kom en begin doen. Dit sal nie spontaan kom nie. Dit moet ons organiseer. Daarom wil ons optree as fasiliteerder en u nooi om vir ons u siening oor die pad vorentoe, te kom uitspel. Dit is laat in die dag en ons kan nie langer stilsit nie.

Ek hoor die stem van vermoordes in ‘n koor. Ek hoor die baritonstem van ‘n man wat bereid was om te veg maar vermoor is; ek hoor die kinderstem van Willemientjie Potgieter : “Uit dieptes gans verlore,” roep hierdie stemme luid.

Mense, kom ons sit alles eenkant en ons begin werk aan hierdie Reddingsaksie. Genoeg is genoeg. Kom ons sit koppe bymekaar en planne op die tafel. Vat hande. Ons kan weer later verskil want daar sal verskille wees, maar laat ons nie van verskille geskille maak nie.

Ek probeer reël om u bymekaar te kry dat ons kan praat. Ek doen dit, nie om aandag te trek of vir enige ander instansie as ons Volk nie. As daar enigiemand anders is wat dit wil doen, val ek daarby in. Langer stilsit kan ons egter nie. Ek is u dienswillige dienaar. Kom ons vat hande. Hierdie volk dors na groot leiers met ‘n Volksvisie. Ons speek u aan omdat u gewys het dat u visie en vergesigte vir ons volk het!

Piet Rudolph: Aksiekomitee: Orde Boerevolk

--------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment