Thursday, December 9, 2010

Twee polisiebeamptes vas vir korrupsie

Johannesburg – Twee polisiebeamptes het in die hof verskyn op aanklagte van beweerde korrupsie, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Woensdag gesê.

“Die OKD het (Dinsdag) konst. Wisani Baloyi en reservis konst. Rose Monama vir korrupsie en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem,” het woordvoerder Moses Dlamini gesê.

Die inhegtenisname het gekom nadat ‘n taverne eienaar, wat nie ‘n dranklisensie gehad het nie, ‘n klag ingedien het nadat hy gedwing is om ‘n R200 skulderkenningsboete te betaal.

Hy is gevra om na die Mankweng-polisiestasie te gaan om die kwitansie vir die boete op te tel.

“Met sy aankoms by die Mankweng-polisiestasie is hy ingelig dat daar geen rekord van so ‘n voorval in hul boeke was nie.

“Toe hy uiteindelik die kwitansie kry, het hy opgemerk dat die datum wat daarop aangebring was nie ooreengestem het met die datum waarop die boete betaal is nie.

“Hy het verder beweer dat dit lyk of veranderinge aan die kwitansie aangebring is.”

Die polisiebeamptes het Dinsdag in die Mankweng landdroshof verskyn en is elk op R1 000 borgtog vrygelaat.

Hulle sal op 21 Januarie weer in dieselfde hof verskyn.

No comments:

Post a Comment