Sunday, December 12, 2010

Man sterf ná steek met horing

Jana Engelbrecht



KIMBERLEY. – ’n Man (25) van Roodepan is die naweek na bewering met ’n gemsbokhoring doodgesteek.

Kapt. Tony Modise, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 19:40 in Amarela-straat, Gregorypark, Roodepan, gebeur.

“Die oorledene en die verdagte was in ’n woordewisseling betrokke.

“Die oorledene het die verdagte glo met ’n bierbottel oor die kop geslaan.

“Die verdagte het huis toe gehardloop en die horing gaan haal, waarmee hy die oorledene in die bors gesteek het,” het Modise gesê.

Die oorsaak van die woordewisseling is onbekend.

Die verdagte (31) het homself aan die polisie oorhandig. Hy is in hegtenis geneem en word aangehou.

Hy sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Modise het gesê die naam van die oorledene kan nie bekend gemaak word nie, omdat sy naasbestaandes hom nog nie uitgeken het nie.

Die ondersoek duur voort.)Gemsbokke se horings is gemiddeld 85cm lank en is so skerp dat dit in vroeër tye vir pylpunte gebruik is.



- Volksblad

No comments:

Post a Comment