Monday, December 13, 2010

PRAAG verlam Rustenburgse verkeer

'n Groep van 15 PRAAG-aktiviste het vanmiddag net ná vieruur in spitsverkeer die hele Rustenburg se verkeer lamgelê deur 'n oorbrug oor die N4-snelweg naby die vernaamste winkelsentrum met motors en bakkies te blokkeer.

Baniere en T-hemde waarin beswaar teen die huidige volksmoord teen Afrikaners aangeteken word, is op motors vertoon en motoriste is met 'n megafoon aangemoedig om by die stryd teen verdrukking en volksmoord betrokke te raak.

Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het gesê: "Hierdie, hoewel baie suksesvol, was net 'n oefenlopie en 'n eksperiment. Ons is besig om ook in die groter sentra te organiseer en wil uiteindelik die hele Gauteng op 'n gegewe dag tot stilstand bring om die wêreld bewus te maak van die diskriminasie, volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wat daar teen Afrikaners in Suid-Afrika gepleeg word."

PRAAG het 'n tydvak van "onophoudelike aktivisme" aangekondig. "Ons gaan nie ophou totdat ons op alle gebiede vry is nie," het Roodt gesê. "Ons is siek en sat om verontmenslik en uitgewis te word. Die hele volk moet nou teen onreg opstaan."

Verslae van nog 'n Afrikanergroep wat die M2-snelweg in Johannesburg tot stilstand gebring het, is insgelyks ontvang.

--------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment