Sunday, December 12, 2010

1. The Maintenance team and Installation team needs good tools . They are taking longer to get things done, borrowing from each other which causes del

Tom de Wet



VIRGINIA. – ’n Mynskofbaas van dié dorp is vroeg Saterdagoggend op pad werk toe by ’n bank op die dorp oorval, met ’n mes vermoor en beroof net nadat hy geld by die tellermasjien getrek het.

Dit is die tweede moord en derde voorval binne net vyf maande op dié dorp waar bekende inwoners aangeval is net nadat hulle by banke was om geld te trek.

Mnr. Willie Diesel (49) van Larkspurstraat 74, ’n mynkaptein by die Masimong-goudmyn, se geskeurde klere dui daarop dat hy hom waarskynlik teen sy aanvallers probeer verset het.

Hy is by die tellermasjien van Standard Bank in die middedorp oorval net nadat hy om 04:18 geld getrek het.

Konst. Antoinette Pakela, polisiewoordvoerder, sê Diesel is van agter in die blad en daarna in die hart gesteek.

Hy het waarskynlik probeer om te voet te gaan hulp soek, want sy motorsleutels en selfoon is gebuit. Hy het sowat 300 m verder inmekaargesak en gesterf. Daar was geen sekuriteitswagte by die tellermasjien nie.

Sy motor het met die polisie se aankoms op die toneel nog voor die bank gestaan.

Diesel se skoonseun, mnr. Schalk Scheepers, sê sy skoonpa het die oggend voor werk gaan geld trek omdat iemand by sy werk slagskape verkoop en hulle een bestel het.

Hy sê sy skoonpa was ’n groot, sterk man. Hy moes dus deur meer as een mens aangeval gewees het toe hy klaar geld getrek en na sy motor teruggestap het.

Diesel word oorleef deur sy vrou, Martie, twee seuns en twee dogters.

Pakela sê die polisie volg alle leidrade op. Enigiemand met inligting word gevra om ao. J. Monye by 082-084-2401 te bel.)Mnr. Giovanni Peripoli (74) van Virginiaweg 55 is die oggend van 31Julie “wreed en afskuwelik” met ’n splinternuwe slagtersmes in die agterplaas van sy huis vermoor kort nadat hy van die bank teruggekom het.

Hy het verskeie meswonde gehad, onder meer een van 42 cm wat sy maag opgekloof het. Hy is kort ná die aanval in die hospitaal dood.

Die verdagte, ’n jong man, het ná die moord in ’n wagtende swart Chevrolet gespring en weggejaag.)Mnr. Gert Kotze (24), eienaar van ’n geldleen-onderneming op die dorp, is op 29 November drie keer deur rowers voor Harmony Spar in die maag geskiet. Hy is vermoedelik van die bank agtervolg.

Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld in ’n silwerkleurige Golf 5 met Gauteng-nommerplate gevlug. Kotze het die aanval oorleef.


- Volksblad

No comments:

Post a Comment