Sunday, September 9, 2012

Suid-Afrikaanse egpaar wreed aangeval in Zimbabwe

Ogen Vos JOHANNESBURG. – ’n Suid-Af-rikaanse vragmotorbestuurder en sy vrou is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat hulle wreed aangeval is in Zimbabwe. Gerhard van der Westhuizen (58) van Nigel en sy vrou, Minnie (55), het volgens hul seun GC (25) Woensdag sowat 300km buite Bulawayo stilgehou. Toe het vier mans volgens GC “uit nêrens” gekom en die twee met jagmesse en teerpale aangeval. Albei is ernstig beseer, maar hulle kon die aanvallers afweer. “My pa is steeds in ’n geïnduseerde koma,” het GC gesê. “Ons vermoed die mans wou hulle beroof of die vragmotor kaap.” Gerhard was teen gister nog in ’n koma. Hy het onder meer ’n skedelfraktuur en bloeding op die brein. Sy regterarm is gebreek en hy het merke op sy rug waar hy oor die pad gesleep is. Minnie se toestand is bestendig. Sy is met ’n mes tot in haar regterlong gesteek. Van der Westhuizen se werkgewer, Jackson Transport, het gereël dat die egpaar per lugambulans na Milpark gebring word. - Die Burger

No comments:

Post a Comment