Thursday, September 20, 2012

Chris Barnard vasgebind en aangehou

Buks Viljoen Die skrywer en akteur Chris Barnard (73) is gisteraand deur inbrekers in sy huis buite Nelspruit oorval en vasgebind. Hy het net ligte beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici behandel. Hy het geweier om hospitaal toe te gaan. Sy vrou, Katinka Heyns, was nie tuis tydens die voorval nie. Die aanvallers het Barnard se Isuzu-bakkie gesteel. Hy is baie getraumatiseerd oor die voorval en wil nie persoonlik met die media daaroor praat nie, het Sandra Jacobs, bemakringsdirekteur van die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit, Donderdagoggend gesĂȘ.

No comments:

Post a Comment