Monday, January 31, 2011

3 vas oor witte se lyk in Soshanguve

Virginia Keppler

Die lyk van die wit man wat in Soshanguve, buite Pretoria, gekry is, is geëien.

Hy is mnr Gert Coetzer. Drie van Coetzer se kollegas is gearresteer en aangekla van moord, roof en opsetlike saakbeskadiging.


Hulle het glo Coetzer se bakkie aan die brand gesteek nadat hulle hom beroof, vermoor en toe in Soshanguve gaan gooi het. Die drie sal binnekort in die hof verskyn.

Beeld het vroeër berig die polisie het eergisteroggend in uitbreiding 12 in Soshanguve, noord van Pretoria, op die lyk van ’n wit man afgekom.


Ao. Patrick Zimu, polisiewoordvoerder, het gesê die man is vermoedelik gewurg en op die kop geslaan.

“Hy is tussen 40 en 50 jaar oud en het ’n bruin tweestukwerkoorpak en maroen skoene aangehad. Dit wil voorkom of hy elders gekaap is voordat hy vermoor en daar gegooi is,” het Zimu gesê.

Die man het geen identifikasie by hom gehad nie.

No comments:

Post a Comment