Monday, January 24, 2011

2 druk muskietnet in vrou se mond

huisbrekers wat ’n vrou op ’n kleinhoewe in Onderstepoort, noord van Pretoria, in haar bed oorval het, ’n muskietnet in haar mond gedruk het en haar beroof het, is kort ná die voorval aangekeer.

Die verdagtes van onderskeidelik 18 en 23 jaar oud het die vrou eergister om 04:00 in haar slaap oorval en nadat hulle die muskietnet in haar mond gedruk, het hulle haar van haar selfone, elektriese toebehore, ’n TV en ander huishoudelike goedere beroof.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gesê toe die verdagtes uit die huis gevlug het, het ’n buurman op hulle losgebrand en die 18-jarige verdagte in die been geskiet.

“Die ander verdagte het van die toneel af gevlug, maar is kort daarna deur die polisie aangekeer.

“Hy het daarna die polisie na ’n huis in Themba, noord van Pretoria, gelei waar die polisie op ’n gesteelde Toyota Venture afgekom het.

“Volgens die verdagtes is die voertuig gebruik om gesteelde goedere tydens huisrooftogte en huisbrake te vervoer.

“Albei verdagtes het ook erken dat hulle by ander huisrooftogte en huisbrake betrokke is,” het Mahlaole gesê.

No comments:

Post a Comment