Monday, January 31, 2011

Polisielid vas ná verkragting

Gerhard Pretorius
’n Polisielid en sy vriend wat die naweek in Pretoria in hegtenis geneem is weens die verkragting van ’n 15-jarige meisie, sal tot volgende week in aanhouding bly wanneer hulle vermoedelik sal aansoek doen om borgtog.

Die 30-jarige konstabel van die Lyttelton-polisiekantoor is Vrydag saam met ’n vriend (29) in hegtenis geneem weens die verkragting.

Die twee beskuldigdes het glo die meisie, wat glo van die skool af op pad huis toe was, opgelaai en haar na bewering verkrag.
Die staat het die borgtogaansoek teengestaan en vir sewe dae uitstel gevra om verdere ondersoek te doen.

Dié aansoek is toegestaan.

No comments:

Post a Comment