Monday, January 24, 2011

Malema moet gestuit word - AfriForum

Alet Rademeyer

AfriForum aanvaar mnr. Julius Malema se uitdaging om tot in die grondwetlike hof te veg oor liedere met opruiende slagspreuke.

Malema het Sondag by 'n nuuskonferensie in Boksburg gesê hy is bereid om na die konstitusionele hof te gaan om sy reg om struggle-liedjies soos "Skiet die Boer" te sing.

AfriForum is gereed om grondwethof toe, en self op internasionale forums, te veg om Malema te verbied om opruiende liedere te sing, het mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Hy het gesê hulle beskou dit as so belangrik dat geen koste ontsien sal word om Malema tot orde te roep nie.

Kriel voer aan dat dit onverantwoordelik van Malema is om slagspreuke soos "Skiet die Boer" te probeer verdedig in omstandighede waar geweldsmisdaae en moorde krisis-afmetings in Suid-Afrika aanneem.

"Terwyl Malema aanvoer dat sy opruiende uitsprake nie letterlik bedoel word nie, word mense letterlik vermoor."

No comments:

Post a Comment