Sunday, August 5, 2012

Kinders vind pa in plas bloed

Johannesburg – 'n Priester van Butterworth se twee kinders het hul pa se lyk in ‘n plas bloed gevind, het die Oos-Kaapse polisie gesê. Kapt. Jackson Manatha, ‘n polisiewoordvoerder, sê die man se twee jong kinders het op sy lyk afgekom toe hul ma hulle afgelaai het. Die kinders het vinnig teruggekeer om vir hul ma te vertel dat hul pa vol bloed was. Manatha sê die kinders het vroeër saam met hul ma dorp toe gegaan. Hy sê die 46-jarige priester van die gebied se Anglikaanse kerk, het veelvuldige wonde gehad. Die polisie vermoed ‘n skerp voorwerp is gebruik om die man dood te steek. Manatha sê die priester se lyk is Vrydagaand omstreeks 22:00 by sy kerkhuis gevind. Die motief is nog onbekend, aangesien sy besittings nog in die huis was. Manatha sê die res van die oorledene se familielede moet in kennis gestel word voordat sy identiteit bekendgemaak kan word. Hy sê ‘n moordsaak is geopen

No comments:

Post a Comment