Thursday, March 22, 2012

Afrikaans high school kid stabbed, critically injured, Vryheid HS, charged is Mpilo Mthobisi Khoza (19)

Description
Met mes gesteek by skole se rugby
2012-03-19 Alet Rademeyer - ’n Uitblinker-rugbyspeler van die Hoërskool Vryheid in KwaZulu-Natal is Saterdagoggend erg beseer toe ’n medeskolier hom kort voor die wedstryd met ’n mes toegetakel het.

GPS 27.4601 30.4706

Net voordat die skool se eerste span op die veld sou draf, is die speler in die tonnel voorgelê en twee keer in die rug gesteek.

Hy het die derde messteek glo met sy hand probeer keer en is lelik gesny.

Hy is na ’n hospitaal gehaas waar spiere aan sy hand geheg moes word en kommer oor die gebruik van twee van sy vingers uitgespreek is, het Beeld verneem.

Hy is gister ontslaan en sal vir die res van die week tuis aansterk.

Plaaslike man Mpilo Mthobisi Khoza (19) is die naweek in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy is in die plaaslike landdroshof van aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla.

Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en hy sal volgende maand weer in die hof verskyn.Hy is gister op borgtog van R1 000 vrygelaat.

’n Ingeligte het gesê in ag geneme die posisie van die mes­steke was die slagoffer baie, baie 'gelukkig'.

RUGBYSPELER HET SWART MESSTEKER AANGESPREEK OOR SY HOUDING EN TAALGEBRUIK TEEN ONDERWYSERES:
Die messekery spruit glo uit ’n voorval verlede week in ’n klas waar ’n geskil tussen die rugbyspeler en die vermeende messteker ontstaan het toe laasgenoemde aangespreek is oor sy houding en taalgebruik teenoor ’n onderwyseres.

Die skool het navrae gister na mnr. Johan Coetzer, voorsitter van die beheerliggaam, verwys. Hy het gesê die saak is sub judice en hy kan nie kommentaar lewer nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Met-mes-gesteek-by-skole-se-rugby-20120319

No comments:

Post a Comment