Wednesday, February 15, 2012

Gesinslede moet ma se graf in Pta self grawe

2012-02-14 21:51
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

Familielede en vriende het self die graf van me. Tina Coetsee gegrawe.

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Cobus Claassen
’n Pretoriase gesin is vies vir die Tshwane-metro nadat hulle onlangs self die graf vir hul ma se begrafnis moes grawe.

Die gesin het op 2 Februarie in die Silverton-begraafplaas in die ooste van Pretoria op die begrafnis van me. Tina Coetsee (73) ’n vlak graf “wat skaars kniehoogte was” aangetref.

Me. Elize du Plessis, Coetsee se dogter, sê hulle was geskok oor die graf. “Dit is so ’n hartseerdag en om dan nog dié trauma ook te verwerk was baie moeilik.”

Du Plessis sê sy het die reëlings vir die graf op 28 Januarie met die Tshwane-metro getref.

Die begrafnisgangers moes toe noodgedwonge moue oprol en self die graf grawe.

Die oorledene se kinders, kleinkinders, vriende en twee werkers van die begrafnisondernemer Avbob het hand bygesit.

Die graf was eers die middag teen 15:00 klaar gegrawe.

“Die Tshwane-metro het geskitter in sy afwesigheid en daar was tot vandag toe geen verduideliking nie.”

No comments:

Post a Comment