Monday, February 20, 2012

Bende vermoor boer op plaas in Potchefstroom

Johannesburg – Die polisie in die Noordwes het bevestig dat ‘n bende van vyf rowers ‘n boer in die vroeë oggendure vermoor het.

Die 49-jarige man en sy vrou is Maandagoggend aangeval terwyl hulle hul koeie op ‘n plaas naby Potchefstroom gemelk het, het Eyewitness News berig.

Volgens die polisie is die egpaar geforseer om na hul huis terug te keer, waar ‘n struweling ontstaan het.

Die boer is in sy kop geskiet en sy vrou is aangerand.

Lees meer hier

No comments:

Post a Comment