Wednesday, February 15, 2012

Boer vermoor op plaas oorkant dié van ET

2012-01-15 08:30

Christine van der Westhuizen
Noordwes – ’n Boer en sakeman in die omgewing van Ventersdorp, Dries du Toit (56), is Saterdag in die vroeë oggendure in sy huis vermoor.

Sy vrou, Lettie, ’n prokureur van Klerksdorp, is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem, terwyl sy suster, Elizabeth de Villiers (66), lig beseer is.

Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het die aanval omstreeks 04:10 op die Du Toits se plaas Klipplaatdrift gebeur nadat vyf aanvallers toegang tot die huis verkry het.

“’n Stoeiery het tussen Du Toit en sy aanvallers ontstaan en nadat hy dood is het hulle met gesteelde goedere gevlug.”

Myburgh sê Du Toit is nie geskiet nie.

Hy is na verneem word met ysters doodgeslaan.

Volgens ’n buurman van Du Toit, Chris Venter, is die plaas reg oorkant dié van die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, wat in April verlede jaar vermoor is.

Du Toit het onlangs ’n groot deel van sy grond deur die regering se grondhervormingsprogram verkoop. “Hy het ’n deel vir homself uitgehou waar hy besig was om ’n huis te bou. Hulle het al in die huis gewoon, maar dit is nog nie voltooi nie.”

Du Toit laat ook twee dogters agter.

Hulle is universiteitstudente en was nie ten tyde van die aanval tuis nie.

No comments:

Post a Comment