Wednesday, February 15, 2012

Bejaarde paartjie op plaas in Vredendal aangeval

Kaapstad – ‘n Bejaarde paartjie is Donderdagoggend in hul plaashuis op die Vredendal-Lutzville-pad in Vredendal deur vier mans aangeval, het die polisie gesê.

Die man en vrou, wat onderskeidelik 75 en 81 jaar oud is, is in hul kamer wakker gemaak deur vier mans wat gebroke Afrikaans gepraat het, het kapt. F.C. Van Wyk, polisiewoordvoerder, in 'n verklaring gesê.

Van Wyk het gesê die mans het by die agterdeur toegang tot die huis verkry.

Die mans, wat met messe gewapen was, het die huis geplunder en geld van die paartjie geëis.

Hulle het ‘n onbekende hoeveelheid geld en juwele gesteel. Die paartjie is daarna gedwing om op hul bed te lê en die mans het hul hande agter hul rûe vasgebind.

Die verdagtes het hulle in die kamer toegesluit en gevlug.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Vredendal-polisiekantoor op 072 201 3258 of kapt. Carin Loock op 082 469 3132 bel.

No comments:

Post a Comment