Wednesday, February 15, 2012

Boer se arms met pangas gebreek

2011-12-27 08:25

Ingrid Oellermann
Pietermaritzburg – ’n Boer van Ixopo in KwaZulu-Natal moes vir langer as ’n uur sy kar met sy bene na veiligheid bestuur omdat rowers vroeër albei sy arms met pangas en ’n graaf gebreek het.

Donald Strachan (52) se arms is Kersnaweek verskeie plekke gebreek soos hy die rowers se houe van sy gesig en kop probeer weghou het.

Hulle wou geld en vuurwapens hê.

Die aanvallers het later sy gebreekte arms agter sy kop met toue en kabelhegters vasgebind en ’n plastieksak oor sy kop getrek.

Hulle het Strachan toe in die agterste sitplek van sy Mercedes-Benz gedwing en met hom na die Transkei gery.

Daar het hulle ’n medepligtige in ’n ander motor ontmoet, waarna hulle weggery en vir Strachan, nog vasgebind, net so in sy motor agtergelaat het.

Strachan kon daarin slaag om hom los te wikkel en met sy gebreekte arms en al sowat 10?km ver na die naaste grenspos, Umzimkulu, te ry.

Strachan, ’n geskeide pa van twee kinders, reken sy “pynlike ervaring” het sowat ses uur geduur, vandat hy aangeval en eindelik op 24 Desember opgeneem is in die St. Anne-hospitaal.

Hy glo sy lewe is gered deurdat sy arms die ergste geweld van die aanval verduur het. Volgens hom het die rowers die plaashuis kaal gestroop soos hulle op soek was na geld en wapens.

“Hulle het die sleutels van die kluis in die hande gekry en ’n handwapen, haelgeweer, twee ander gewere en ’n groot hoeveelheid ammunisie gesteel.”

Strachan het gesê hy het net R200 by hom gehad, omdat hy sy werkers reeds voor Kersfees betaal het. Ondanks dié aanval het Strachan gister na sy groenteplaas teruggekeer.

No comments:

Post a Comment